Adam en Eva

Op een dag vraagt een meisje aan haar mama:
“Mama, vanwaar komen de allereerste ouders?”
“Wel,” antwoordt haar mama, “God heeft de eerste mensen, Adam en Eva, op de wereld gezet.
Adam en Eva hebben dan kinderen gekregen die op hun beurt ouders geworden zijn enzovoort, enzovoort.
Het is zo dat de humane familie is ontstaan.”
Twee dagen later stelt het meisje dezelfde vraag aan haar vader.
Deze antwoordt: “Kijk, miljoenen jaren geleden evolueerden de apen langzaam tot wat de mensen vandaag zijn.”
Het meisje staat perplex en loopt snel naar haar mama:
“Mama, waarom zeg jij me dat de eerste mensen door God op de wereld werden gezet, terwijl papa zegt dat mensen eigenlijk van de apen afstammen?”
Haar moeder antwoordt met een glimlach:
“Dat is heel simpel liefje. Ik heb je verteld over mijn familie en papa over de zijne !”

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Gert, Maryann en Oortjies. – Peter Thomas

Ado, ons Bouvier rem aan sy loopketting, hy is altyd opgewonde as ons vir ons gereelde middagstappie gaan. Hy het sy gereelde ruikplekkies, dan moet ek maar geduldig wag tot hy sy ruikding klaar gedoen het en ons weer kan aanstap.
Regoor die plaaslike winkelsentrum hoor ons ‘n opgewonde njaf-njaf en ‘n klein kriek van ‘n brak storm van onder ‘n struik uit en rem aan die ketting wat om sy nek vasgemaak is. Ado pluk my amper onderstebo soos hy trek om die dingetjie by te kom.
En dis toe ek hom sien, die boemelaar wat gereeld in die omgewing was tot ‘n paar maande gelede toe hy en sy maat, ek het toe nog gedink dis sy vrou, eendag nie meer te siene was nie. Dankie tog, het ek by myself gedink, nou kan ek en Ado rustig smiddags ons stapding doen.
“Middag oom, jammer oom.” Vra hy verskoning vir sy hond se gedrag. “Ons wou nie pla nie oom.” Hy lyk soos enige ander boemelaar lyk. Lang hare kruip onder sy pet uit, gesig ongeskeer, klere oud maar tog skoon.
“Geen problem.” laat ek weet en ek rem vir Ado verder, hy loop al terugkykend na die njaffende brakkie tot ons om die draai is en ons ongestoord verder kan stap.
Heeltyd oppad huistoe dink ek aan die man en sy hond. Wie was hulle, waar kom hulle vandaan, hoe het hulle in die haglike omstandighede beland.
By die huis aangekom het ek reeds besluit, ek gryp gou my kamera en ‘n notaboekie, en stap terug tot waar ek hulle gesien het.
“Middag, oom, my naam is Gert, Gert Erasmus.” groet hy my toe ek nader stap en steek sy hand uit.
Ek groet huiwerig.
Ek sien ‘n vrou staan oorkant die pad by die winkelsentrum uitgang met haar kartonbordjie. Karre ry by haar veby, lyk nie of iemand vir haar iets gee nie.
Ek val met die deur in die huis, “Kan ons bietjie gesels? Sal jy omgee om jou storie vir my te vertel en kan ek ook ‘n paar fotos neem?”
Tot my verbasing stem hy in.
“Wag, laat ek net gou vir Bokkie roep” en hard skree hy vir haar, “Bokkie, kom gou hier, die oom wil fotos neem!”
Sy kom oor die pad na ons toe aangestap, gesig beplooid, maar ek reken dis eerder van die lang sonstaan as van ouderdom.
“Middag oom,” en sy steek haar hand uit. Haar greep is stewig, nes syne was, in my gedagtes dink ek dat dit van hulle harde leefwyse is.
Hulle gaan sit op platgedrukte kartonbokse voor my en ek neem sommer op die gras plaas, sommer so agter die struik op die sypaadjie. Oortjies, die brakkie, behaaglik uitgestrek in die laatmiddag sonnetjie.
“Gee julle om as ek ‘n storie oor julle skryf en dalk ‘n paar fotos neem ook? Ek is bereid om te betaal daarvoor” vra ek.
“Dis goed so, oom, ons het niks om weg te steek nie, ons baklei nie, steel nie, pla niemand nie, hierdie bord praat vir ons,” en hy hou die bord op sodat ek kan lees: Hungry no food. Small donation. Please help, I thank you?
“Vertel my bietjie wat het gebeur dat jy hier op die sypaadjie geland het” vra ek vir Gert.
“Wel, oom, ek het Standerd 8 gemaak op Kraaifontein toe word ek motor mechanic wat ek gedoen het tot 1992. Maar ek was intussen vir 7 jaar in die tronk ook”
“Waarvoor was jy in die gevangenis, Gert?” vra ek.
“Haai nee oom, dit kan ek nou nie sê nie, ek het my tyd gedoen en my skuld is betaal, let bygones be bygones”
“My been en rug het ook seergekry, oom, ek het al vyf keer aansoek gedoen vir disability maar daar het nog niks van gekom nie, ek het nou maar opgegee.”
“Ek was getroud ook, in 1964. Vier kinders, twee seuns, twee dogters. Ons praat nie, hulle wil niks van my weet nie” en hy gee ‘n lang sug.
“Ek ontmoet toe vir Maryann in 1992 en ons is van daardie tyd al saam, nee, ons is nie getroud nie, leef meer net so saam”
Janee, dink ek, twee siele wat die lewe uitgewerp het en wat in mekaar nou troos en samesyn vind.
“En jy, Maryann?” vra ek. “Hoe het jy hier gekom?”
“Sorry oom, kan ek maar rook?” vra sy beleefd, ek laat haar begaan.
Sy gee ‘n lang trek aan die sigaret en begin haar storie.
“Ek was in ‘n spesiale skool maar het in Standerd 6 die skool gelos. Toe ek op 17 getroud is het ek al twee kinders gehad. Ons is sommer vinnig geskei. Ek weet waar my kinders is maar hulle stel nie in my belang nie. Die seun is ‘n poliesman.”
“Party dae maak ons so R100, oom” vertel sy verder. “Op ‘n baie goeie dag het ons al R300 gemaak. Ek staan maar met die bord, die mense geen nie as Gert staan nie”
‘n Swartman op ‘n fiets stop by ons, hy roep haar nader, gee vir haar twee fotos wat hy van hulle geneem het.
Maryann kom wys vir ons die fotos. Hulle is poskaart grootte en ek sien Gert, Maryann en Oortjies pryk op die fotos.
“Hy vra ons net R15 per fotos,” sê Gert ewe trots, “ek het hom klaar betaal.”
“Ek lyk mooi in die pakkie, nê?” vra Maryann en hou sodat ek kan sien. Ek voel skielik skaam dat hulle met sulke ou klere kan spog en ons het soveel mooier en nuwer klere.
Ek het intussen agt fotos van hulle geneem en ek verseker hulle dat ek die fotos vir hulle sal gee sodra ek hulle laat druk het. Hulle verseker my dat hulle oor twee dae nog daar sal wees voordat hulle weer vertrek. Hulle gaan glo Komatipoort toe omdat dit warmer daar is, hulle gaan sommer daar bly vir die winter.
“Ons is nog ‘n week hier, oom, dan gaan ons maar weer die pad vat, dit word nou koud saans”
“Waar slaap julle, Maryann?” Vra ek.
“Hier oorkant die pad by die garage is ‘n carwash, oom, sommer daar onder hulle afdak. En as dit dalk reën slaap ons sommer in die garage se toilette.” Laat sy weet.
Ek dink aan die lekker snoesige warm bed by die huis en kry hulle sommer baie jammer. Selfs Ado slaap seker warmer as hulle.
“Ons kan maar ophou vir die dag” sê Maryann, “die parking raak nou vinnig leeg.” Die son mik vinnig horison toe en die luggie raak koeler.
Ek groet en prop ‘n R100 noot in Gert se hand.
“Baie dankie oom, die Here sal jou seën” hy kan my nie in die oë kyk nie.
Daar is ‘n knop in my keel as ek wegstap.
“Moenie die fotos vergeet nie, oom” roep Maryaan agterna.
Hulle vat hulle paar besittings en loop oor die pad na die carwash se afdak. Oortjies aan sy leiband stap gehoorsaam saam.
Ek stap na ‘n warm huis, lekker kos en sagte bed en besef dat ek so baie het om voor dankbaar te wees. Ek prewel ‘n gebed en vra dat ‘n Hoër Hand hulle moet beskerm.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Lekker chilli – skrywer onbekend

Gister is ek Builders Warehouse toe, maar ek is nie meer seker of dit ‘n wyse besluit was nie. Sien, die vorige aand het ek ‘n kerrie met chillis gemaak en ‘n moerse lot van die dis opgevreet. Die chillis was een van Mike se gepatenteerde “jy-bekak-jouself-chilli” souse.

Moerse smaaklik, maar dit raak later nogal pynlik en ek kan julle ‘n geskrewe guarantee gee dat jou hol oop hang om asem te haal die volgende dag. Jou boud wange trek so wyd oop dit lyk soos ‘n spaniel se ore. Nou toe ek vanoggend wakker word, toe verwag ek dat die 06:00 “trein” my sal toilet toe roep, maar niks het gebeur nie. Alhoewel ek kon voel hoe daai chillis deur my derms swem. Dat daai chillis wou uit
was nie altemit nie, maar ek het nie meer geweet waneer nie.

Maar ek het dinge gehad om te doen en moes toe Builders Warehouse toe gaan om Rubol vir die dek te kry. Daar aangekom het ek die trollie gekry en so paar ander goetertjies gekoop soos houtskroewe en double sided tape,
voordat ek by die verwe en terpentyne aangekom het. Dis die verste punt van die toilet af toe daai pyn deur slaan. Ek het met my elmboe op die trollie se handvatsel geleun op daai stadium. Skielik is my tree vanself korter en toe my holspiere toe trek, toe trek daai selfde holspiere my arms ook reguit. Dit het gelyk of my bene se bearings geslaan het want ek’t tot stilstand gekom. Ek dink my holspiere is deur die chillis gyselaar gehou gewees, want toe kom daar ‘n waarskuwing skoot uit. Ek was te bang om te beweeg want anders kom
daar nog walms uit, maar het geweet: “Bra, djy moet nou hardloop”.

Ek het in beweging gekom en net toe ek by die aisle uitstap, kom daar so bleeksiel nerd met sy Builders Warehouse pakkie en vra “More Meneer! Waarmee kan ek u help?” Nou kyk…..die knaap weet van building net mooi fokkol, so ek mompel vinnig nee en stap aan. Ek is ook nou nie die afknouerige tipe nie, maar toe die knaap verder in die
aisle afstap, toe draai ek om en kyk hoe die knaap in die rigting van daai walm stap. Genade mens. Dit was asof hy in ‘n muur vasgeloop het. Ek moes hom seker gewaarsku het, maar ek het nie. Sy oge het net so geknip-knip, toe val ‘n swerm onsigbare bye hom aan want hy waai sy arms en versnel in tru rat.

Ek was emosioneel in twee geskeur. Ek bars uit van die lag, maar DIT waas ‘n groot fout. Daar kom ‘n sarsie skote daar onder uit, wat ek later hoor vir ander customers soos ‘n
gewapende roof geklink het. Hulle het blykbaar dekking geslaan en hul beursies en selfone tussen die rakke weg gesteek. Dinge was vir my nie meer so snaaks nie en ek jaag toe met daai trollie af toilette toe.
Niemand het ook ag geslaan op my nie want almal dink ek hol van die rowers se geweerskote af weg.

Maar al die pad “klap die skote” en ek hoop en bid ek maak die kakhuis voor die finale storting plaasvind. Vir “once in a while” was “luck” aan my kant. My gat het nog nie eers die sitplek geraak nie, toe vind daai einste finale storting plaas. Ek hoor toe hoe ‘n arme drommel die kakhuis instap en al wat hy se is “Liewe Blik ……..!!!!” Daarna het ek die net sqeak van die kakhuisdeur gehoor soos hy daar uit storm.

Uiteindelik is ek klaar en ek stap uit. Nog ‘n winkel assistent kom na my toe en se “Meneer, een of ander idioot het ‘n stinkbom in die winkel gelos. My bestuurder wil hê almal moet buite staan sodat hy die waaiers vir so 2 minute op full blast kan laat werk.” Ek het gegrinnik, maar daar was nog “rowers” aan die anderkant van my grensdraad wat toe die laaste ligte skote afvuur nog voor ek kon knyp.

Die winkel assistent se neus het skielik gefrommel en na hy sy hemp oor sy neus getrek het, het hy sy vinger in my rigting gedruk en geskreeu “Dit was hy!” Die bestuurder het my eenkant toe geroep en ek is later formeel in kennis gestel, of liewer gesê dat ek ge”ban” is by Builders Warehouse.

Ek is toe huis toe sonder die artikels wat ek wou aanskaf en net betyds vir middag ete. Al wat daar was om te eet, was gisteraand se chilli-kerrie wat toe nog beter smaak as voorheen. Ek vreet toe maar die laaste lot ook op. Maar die dek moet geverf word met die Rubol, so more sal ek Mica toe moet gaan……………..

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Afrikaanse humorsin

EMIGRASIE
“En hoekom wil jy emmigreer?”
“Wel 20 jaar gelede was gemengde huwelike onwettig, nou is dit wettig. Ek waai liewer voordat dit verpligtend word.”

SNOR CITY
Ek verstaan die nuwe naam vir Pretoria “Tswane” – pla my nie meer nie. Dis eintlik vernoem na Generaal de La Rey se swaer, Generaal Tswanepoel.

BUFFER PLAKKER
Moenie steel nie – die regering haat kompetisie.

OU VERSKONING
Koos se vrou roep hom benoud” “Koos! Koos! Kom help. Hier is ‘n by wat my wil steek!”
Koos skree terug: “Sê net vir hom jy is moeg en jy het hoofpyn!”

MAKLIK GEDOEN
Die man vra die kelner in die restaurant of hulle wilde eend het. Kelner:
“Nee meneer, maar ons kan ‘n makke vir meneer die don*er in maak!”

TANDE TREK
Vrou by die tandarts: “Ek raak liewer swanger as om ‘n tand te laat trek!”
Tandarts: “Dame, besluit nou asseblief sodat ek kan weet hoe om die stoel te stel.”

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Om te poep is nie ‘n sonde nie – Deur A. G. Visser

O’ gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie, my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar

Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek ‘n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou ager my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hake van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank

Party begin hoes en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oë traan my kop die sak
Toe kom die vrees dak ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis ‘n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis ‘n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos ‘n donderstorm
Kom ek agter die poep het ‘n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
‘n ouderling begin woedend sy weg na my toe baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur ‘n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek ‘n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
So het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir “spite” die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos ‘n bees so sterk
Hy “freewheel” my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die “cheek” om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk and die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Roomys resepte

As jy roomys maak, wil jy hê die eindresultaat moet romerig en fluweelglad wees, nie grof en vol groot yskristalle nie. Maar om dit reg te kry, het jy ’n roomysmaker nodig, of andersins moet jy die roomys ’n hele paar keer klits en vries tot die kristalle opgebreek is – en dis ’n groot werk. Maar hier’s ’n geheim: Kondensmelk is die towerbestanddeel vir ryk, romerige, fluweelgladde roomys wat jy nie naby ’n roomysmaker hoef te bring nie.

■ 1 x 397 g-blik volroomkondensmelk
■ 600 ml dik room
■ 250 ml volroommelk
■ 1-2 vanieljepeule, saadjies uitgeskraap

Klits die kondensmelk, room, melk en vanieljesaadjies in ’n groot bak tot goed gemeng. Giet in ’n geskikte houer, bedek goed en vries tot hard. Die roomys is heerlik op sjokoladebruintjies met ’n titseltjie fyn kaneel oorgesprinkel. Lewer 1,2 liter roomys.

Variasies
Vir koffieroomys, los 45 ml kitskoffiekorrels in ’n paar druppels kookwater op en voeg dit saam met 30 ml koffielikeur by die kondensmelkmengsel.

Rum-en-rosyntjieroomys:
Verhit 60 ml rum tot kookpunt en prut vir 2-3 minute. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Voeg dit by die kondensmelkmengsel. Kap ’n hand vol pitlose rosyne fyner en voeg ook by.

Turkse roosroomys:
Voeg 30 ml roosstroop (nie rooswater nie) by die kondensmelkmengsel. Sit die roomys voor met gesnipperde Turkse lekkers (Turkish Delight) en granaatpitte oorgesprinkel.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Vernoemde Afrikaanse Resepte

Gaan kyk gerus hier:

http://www.peterjasie.co.za/vernoemindex.html

Posted in Uncategorized | Leave a comment