Briefwisseling met Kersvader

Liewe Kersvader,
Hoe gaan dit met Oom? En met Tannie Krismis? Ek hoop al die takbokke en die
Elwe is ook almal gesond.
Soos u seker weet, was ek die jaar ‘n baie soet seun. Ek sal asseblief ‘n X-Box 360
met Grensvegter klaar gelaai, en nuwe Apple IPhone 5 wil ontvang vir Kersfees.
Groete en Geseënde Kersfees,
Bennie Botha

Liewe Bennie,
Dankie vir jou mooi briefie. Die tannie, die takbokke en al my helpertjies is almal
blakend gesond en hulle laat weet dankie dat jy uitvra na hulle. Kersvader is egter bekommerd dat jy te veel tyd spandeer met videospeletjies en selfoontekse stuur.
Jy is juis besig om bietjie lywig te raak weens te min oefening. Daarom, en omdat jy so soet was, dink ek dat ek liewer vir jou ietsie gaan bring waarmee jy buite kan speel en van daai ekstra vetjies ontslae raak.
Geseënde Kersfees,
Kersvader

Geagte Mnr. Kersfees,
Siende dat ek my deel van ons soet teenoor stout kontrak nagekom het, voel ek vol vertroue dat u plan sal maak om my te gun wat my toekom. Ek wil nie graag hierdie feestyd skend en omskep in hofgeding nie. Verder dink ek dis bietjie vermetel om te verwys na my gewig, veral komende van ‘n oorgewig ou man wat maar een keer per jaar buite kom.
Hoogagtend die uwe,
Ben Botha

Meneer Botha,
Hoewel ek toegegee het dat jy jou beter gedra het die jaar, moet ek jou daarop wys dat jou Kerslys slegs ‘n versoeklys is en op geen manier ‘n waarborg is dat dienste gelewer sal word nie. Dis egter jou volle reg om wetlike stappe te neem, maar neem kennis dat ek en my prokureurs al suksesvol sake doen sedert dierebeskerming my aangevat het oor die werkslas van my takbokke. Ek is dus meer as gewillig om jou aan te vat in die hof. Verder wil ek ook net byvoeg dat die oefening wat ek voorskryf, nie net jou gesondheid sal verbeter nie, maar dit sal jou ook help met jou sosiale interaksie en selfs van daardie klomp puisies op jou gesig laat opklaar.
Die Uwe,
Kersvader

Kyk hier Vettie,
Ek het jou nou klaar laat weet wat ek wil hê en ek verwag dat jy dit vir my gaan bring. Ek was maar net beleefd. Maar nou, omdat jy my in die gesig vat en my vriende ook nog bysleep, gaan ek hulle juis teks en ons gaan vir jou met jou dikgat inwag en ek gaan VAT uit daai sak van jou NET WAT EK WIL!
Breker Botha

Luister Pizzagevreet,
Is jy gerook? Dink jy ‘n ou wat by ELKE huis in die wêreld inbreek in een nag, sonder om gevang te word, gaan skrik vir ‘n snotneus soos jy? Ek weet wanneer jy slaap en ek weet wanneer jy wakker is, jou klein stront. Besef jy hoeveel kontakte ek het, my pel? Ek is bedraad, ou maat! Op my rondtes sien ek siek goed. Ek het maniere om jou te laat bloei waar mens nie wil bloei nie. As ek jou moet vertel, skiet jy net daar ‘n kat op jou ma se duur persiese mat. Wees verseker jy gaan nie kry wat jy voor gevra het nie, maar ek gaan steeds opdaag en dan kan ons bietjie jou pyndrumpel toets.
KV

Liewe Kersvader,
Bring vir my net wat jy wil, ek sal ENIGE IETS waardeer!
Bennietjie

Bennie,
Ek het so gedink.
Kersvader.

Advertisements
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Briefwisseling met Kersvader

  1. shane says:

    Halo oom kersvader ek hoop dit gaan baie goed,dis die eerste keer wat ek vir iets sal vra ek gewoont dat daar nie is nie en dat ek tevrede is met wat ek kry ek sou graag iets vir my mamma wil vra maar ek weet dis te veel so as ek dan maar iets kan vra vir kersfees sal ek graag n blackberry foon wil he asb kersvader dis al.ek hoop ek sal een van die kinders kan wees wat vir een mal iets kan kry.groete shane

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s