Lekker braai bykosse

GEMENGDE MIELIEPAP

125 g mushrooms
2 blokkies hoender aftreksel
250 ml gemengde groente
50 ml margarien
750 ml water
625 ml mieliemeel
125 ml gerasperde cheddar kaas

 Kook gekapte mushrooms, gemengde groente en hoender aftreksel in die
water, voeg dan botter by
 Voeg mieliemeel by en laat prut vir 20 minute
 Voeg kaas by en roer deur – dien dadelik op

MIELIEPAP GENOT
1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

 Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in
middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie
 Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut
 Roer liggies en laat nog ‘n uur prut
 Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by
 Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt
of
Skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van
kaas bo-oor en bak vir 30 minute by

KNOFFEL KAAS BOTTERBROODJIE
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 eier
25 ml olie
fyngedrukte knoffel
75 g botter gesmelt
125 ml Cheddar kaas gerasper

 Voorverhit oond tot 240°
 Sif droë bestandele saam
 Klits eier, melk en olie saam
 Meng eier mengsel met droë bestandele en knie liggies
 Deel mengsel in 10 balle en plaas in gesmeerde oondvaste skottel sodat balle
aanmekaar raak
 Bak +/- 15 minute of tot goudbruin
 Verwyder uit oond en sprinkel kaas, gesmelte botter met knoffel oor
 Bedien warm

CHAKALAKA BROODJIE
(kan ook muffins maak)
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur /
sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper

 Voorverhit oond tot 180°
 Sif droë bestandele saam
 Klits eier & chakalaka
 Meng eier mengsel met droë bestandele
 Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
 Bak +/- 45 minute

ROL~BROODJIE
¾ pak deeg (ready made dough)
1 blikkie tamatie puree
250 g spekvleis
1 ui
375 ml gerasperde cheddarkaas

 Voorverhit oond tot 200. Rol deeg uit
 Smeer tamatie puree oor deeg
 Braai spek en ui en smeer oor
 Sprinkel kaas oor
 Rol deeg in lengte op soos swiss rol
 Plaas in gesmeerde broodpannetjie en laat rys eers bietjie voor bak
 Bak half +/- 30 minute
Kan ook enige vulsel soos verkies gebruik

TAMATIE-EN-UIE BROODJIE
1 x 500 g bruismeel
1 pakkie tamatie-en-uie-sop of
tamatieroomsop
2-3 repe swoerdlose spekvleis, gekap
1 ui gekap
15 ml kookolie
1 x 500 ml houer karringmelk

 Voorverhit oond tot 180°
 Meng bruismeel en soppoeier
 Braai spek en ui in verhitte kookolie
 Voeg spek mengsel en karringmelk by droë bestandele en meng goed
 Skep deeg in gesmeerde broodpan en bak +/- 50-60 minute of tot gaar

WALDORF SLAAI
2 uie (gesnipper)
1 greenpeper (in blokkies)
250 g sampioene (in skywe)
1 fyngesnyde slaaiblaar
4 groot wortels (fyn gerasper)
1 blik (410 g) pit mielies (gedreineer)
500 ml bevrore ertjies
1 blik pynappels (blokkies en gedreineer)
100 ml kondensmelk
125 ml mayonnaise
125 ml franse slaaisous
blokkies kaas

 Braai ui, greenpeper en sampioene saam ~ hou eenkant en laat afkoel
 Pak slaai in lae in die volgende volgorde; blaarslaai, wortels, mielies, uiegreenpeper
mengsel, ertjies, pynappel, sous, blokkies kaas
Wenk ~ Gebruik diep glas-slaaibak, dit laat die slaai mooi vertoon

“SWEET & SPICY” NOEDELS
500 g noedels
1 greenpeper (blokkies)
1 blik gedreineerde appelkooshalwes in blokkies gesny
“Sweet & Spicy” sous van Knorr

 Berei noedels volgens aanwysings op pak
 Meng greenpeper, appelkoos stukkies en sous by noedels

MIELIEBROODJIE
500 g bruismeel
5 ml sout
1 blik (410 g) blik ingedampte melk
1 blik (410 g) blik roomsoort mielies

 Voorverhit oond tot 180°
 Sif bruismeel en sout saam
 Voeg ingedampte melk en mielies by en meng goed
 Skep in gesmeerde broodpan en bak +/- 60 minute of tot gaar

PYNAPPEL / KOMKOMMERSLAAI
1 blik gesnipperde pynappel
2 middelslag komkommers
(geskil en in dun skywe gesny)
Sous:
250 ml suurroom
2 tel heuning
2 tel suurlemoenskil gerasper
5 ml swartpeper

 Meng al die bestandele vir die sous tot glad
 Meng slaaisous met pynappel en komkommer

KERRIE NOEDEL SLAAI
500 g noedels
1 groot ui (gesnipper)
1 groot greenpeper (blokkies)
(kan ook rooi en geel peper insit vir meer kleur)
Sous:
250 ml tamatiesous
200 ml wit suiker
125 ml olie
125 ml wit asyn
25 ml kerriepoeier (matig)
7 ml sout
2 ml swartpeper
1 ml tabascosous (opsioneel)

 Berei noedels volgens aanwysings op pak
 Voeg ui en greenpeper by noedels
 Meng sous bestandele saam en voeg by noedels
Wenk ~ Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie) ~ die
sous trêk dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder ~ die slaai kan ook gebottel word

BROODSLAAI
1 brood (korsie loos) in blokkies gesny
6 eiers (fyngedruk met vurk)
6 eet lp asyn
6 eet lp suiker
1 eet lp mostert poeier
500 ml mayonnaise
blokkies kaas
gurkins in skyfies gesny

 Braai brood blokkies in diep olie en hou eenkant
 Meng eiers, asyn, suiker en mostert poeier saam oor lae hitte – roer gereëld
sodat nie aanbrand
 Haal af van hitte voeg mayonnaise by
 Meng brood en sous 1 uur voor opdiening, voeg kaas en gurkins by

MIELIEPAPBOLLETJIES
Gaar mieliemeel pap
250 g spekvleis
2 uie fyn gekap
1 groen soetrissie fyn gekap
1 knoffelhuisie fyn gedruk
1 eier geklits
sout
1 ml rooipeper
50 ml pietersielie fyn gekap
bolletjies in rol:
2 eiers geklits
sagte broodkrummels
olie vir diepvetbraai

 Braai spekvleis tot bros
 Voeg uie, soetrissie en knoffel by en braai tot sag
 Voeg by mieliepap en meng goed
 Voeg die eier, rooipeper, sout na smaak en pietersielie by en meng goed
 Vorm in bolletjies so groot soos okkerneute
 Doop in geklitste eier en dan in broodkrummels, braai in diep olie tot
goudbruin

SNOEK OOR DIE KOLE
1 Snoek vooraf gesout
Appelkoos Braaisous:
60 ml mayonnaise
60 ml knoffelbotter
60 ml gladde appelkooskonfyt
of
Mayo-Braaisous:
250 ml mayonnaise
90 ml botter

 Plaas die vis oop met die velkant na onder op die rooster
 Sprinkel peper oor
 Verhit die bestandele vir enige van die braaisouse oor lae hitte en meng goed
 Gebruik ‘n klein kwassie en verf die vleiskant van die vis met die sous
 Braai oor gloeiende kole – nie te warm nie – tot die vis maklik van die graat
loskom
 Sit voor met vars brood en slaai of tamatie-en-uie-braaibroodjies

PORTABELLA-SAMPIOENE
Dis sampioene van Denny ~ kyk in die winkels vir die sampioene, hulle word genoem
Portabella sampioene, so groot soos ‘n man se hand en dit kan gebraai word op die
Braai-rooster of in die oond ~ dit bly ferm as dit gaargemaak word
Die sampioene het ‘n groot ruimte aan die onderkant waarin ‘n vulsel geskep kan word ~
gebruik van die volgende vulsels
 Gegeurde botter en vars broodkrummels
Gekrummelde fetakaas en gekapte neute
Kruie en bokmelkkaas
Knoffel-en-roomkaasmengsel

GEBAKTE BROODROLLETJIES MET ROOMSOUS
klaar bereide brooddeeg gerys en afgeknie
sous:
125 g spekvleis gesnipper
1 blik tamatie en uiesmoor
250 ml vars room
swartpeper
vars pietersielie
250 ml cheddarkaas gerasper

 Voorverhit oond tot 100°
 Smeer ‘n plat swartpot of ‘n kasserolbak met botter
 Knyp stukke deeg af en vorm in bolletjies
 Pak die deegbolle taamlik naby aan mekaar in die bak en laat rys goed uit in
die oond
 Soteer intussen spek tot gaar, voeg tamatie-en-uiesmoor by en verhit tot
kookpunt.
 Laat prut tot effens afgekook ~ verwyder van hitte, roer room by en geur met
sous, peper en pietersielie
 Verwyder bak uit oond en verhoog die temperatuur tot 180°
 Giet sous oor die deeg en bak 40-50 minute
 Sprinkel kaas oor en bak 10 minute tot goudbruin

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

1 Response to Lekker braai bykosse

  1. jenvw2013 says:

    Dankie vir die bykos resepte ons gaan lekker braai die naweek en vakansie 🙂

    Groete Jeanette

    Sent from my iPad

    >

Leave a comment